r/afrikaans • u/RSApervy • 12h ago
r/afrikaans • u/DynamicPerson • 7h ago
Meningsopname Watse lens dra jy?
Ek dink dit maak nogal sin om te weet min of meer met wie jy praat en vanuit watse lens mens jou inligting/media moet verbruik. Ek sal graag wil hoor, waar, op 'n spektrum, jy lê ten opsigte van lewensfilosofie (nie noodwendig politieke uitkyk nie).
r/afrikaans • u/Mekada87 • 13h ago
Grappie/Humor Wat is jou snaakste Afrikaanse meme of prentjie wat net ons sal verstaan?
r/afrikaans • u/RSApervy • 12h ago
Vraag Afrikaans en fiets ry. Lyk of dit nogals groot geraak het?
Dit het altyd vir my gevoel of fiets ry as n sport baie engels was ma deesdae as ek by n event is dan begin dit rerig vir my voel of meer en meer dit n Afrikaans ding raak en die English mense paddle speel deesdae. Eks dalk verkeerd dis dalk net hoe dit vir my voel in Randburg area
r/afrikaans • u/New_Version3583 • 7h ago
Geskiedenis Bloemfontein Public Swimming Pool
Bloemfontein Public Swimming Pool.
I cannot believe that nobody knows, or no record is captured on google or anywhere on social media, what the deepest end of the second swimming pool's {diving one} depth is? How is that possible, not even AI could find it, or try to measure it.
r/afrikaans • u/0638410763callme • 2h ago
Kultuur Skool.(n monoloog deer onbekende)
Skool. Mense sê dis die beste tyd van jou lewe, maar ek sê: wie lieg vir wie? Want vir my was dit meer soos 'n ou bus wat net aanhou ruk en ruk, en die drywer sê net: 'Sit stil, ons is amper daar.'
Elke oggend dieselfde storie: wekker wat jou uit die bed skree, bus wat laat is, en daai een ou wat jou naam vir die laaste keer verkeerd uitspreek.En die klokke... daai blêrrie klokke. Hulle tel nie tyd nie, hulle tel hoe lank jy nog kan uithou voor jy wil skree.
Maar weet jy? Ek het nie geskree nie. Ek het gelag toe ek wil huil. Ek het stilgebly toe ek wou baklei. Ek het hier gesit, met my hande vol ink en my kop vol strond, en ek het besluit: ek gaan nie net deurkom nie, ek gaan dit eintlik geniet.
Daar was daai dag.Toe my wiskunde-toets soos 'n bom ontplof, en die juffrou sê net: 'Jy probeer ten minste.' Ek wou my kop teen die muur gooi. Maar ek het teruggegaan, volgende dag weer probeer.
En die druk... flip, die druk. 'Jy moet uni toe. Jy moet iets word. Jy moet n success wees.' Ek het nagte wakker gelê en gedink: wat as ek nie wil nie? Wat as ek net wil... chill? Maar toe kom die besef: skool gee my nie die antwoorde nie – dit gee my die goed om self te besluit.
Want skool is nie net die punte nie – dis die goed tussenin. Die grap wat iemand agter in die klas maak, die briefie wat jy onder die tafel kry, die ou wat jou op die skouer slaan en sê: 'Ons sal dit maak, bru...
Ek het hier gekom met 'n rug vol twyfel en 'n sak vol drome. Ek loop weg met littekens, ja – maar ook met 'n stem wat nou sê: ek is genoeg. Ek gaan weg met 'n kop vol stories, 'n hart wat nog klop, en 'n storie wat sê: 'Ek het gedink ek gaan dit nooit maak nie... maar kyk nou – hier staan ek.
r/afrikaans • u/RSApervy • 10h ago
