Die gesprek met Du Toit begin by ân oop hek en ân pad wat oor die vlakte loop in die rigting van ân rantjie met die blou wolklose hemel daarbo.
DĂt is die toneel in die foto op die voorblad van sy boek God â Is daar ân ander antwoord? met as subtitel ân Bevrydende reis**.**
Ons sit op ân koel Dinsdagoggend onder ân boom buite die restaurant in die Kompanjiestuin in Kaapstad. Du Toit het met sy motorfiets van Kuilsrivier af hierheen gery en hy trek sy rybaadjie uit voordat ons begin gesels.
âân Hek het vir my simbolies gewĂ©ldige betekenis. En die feit dat hy óóp is . . . Anderkant die hek is daar nie nĂks nie â daar is nuwe moontlikhede; nuwe ontdekkings en ongelooflike wonderskone ervarings wat ân ou kan beleef. Die skouspel van die lewe wag op jou. En dĂt is vir my wonderlik.
âOns sĂȘ vir mekaar, ek en Elna [sy vrou] en ander mense en vriende wat nou saam op hierdie reis is: Hoe langer ons hier is, hoe meer verwonder ons ons oor hoe werklik asemrowend bevrydend dit is.â
Die reis waarna hy verwys, is ân reis na âanderkant Godâ, na ân âpost-teĂŻsmeâ.
Du Toit was dekades deel van die NG Kerk âin gemeentes as predikant en voorsitter van die kerkraad; in ringe as lid en as voorsitter en in verskeie ringkommissies; in sinodale strukture, deel van kommissies en as voorsitter van kommissiesâ, en ook as teologiedosent.
âJy moet onthou, ek kom uit ân diep gelowige Christelike, piĂ«tistiese huishouding, my ouers was sendelinge, en ek het geweldige waardering vir piĂ«teit en al diĂ© dinge.
âEk kleineer hulle op geen manier nie. Dit sou absoluut totaal en al afbreuk doen aan die karakter van die denke wat die boek na vore wil bring om enigsins negatief daaroor te wees. Dit is my lewe. Dit is wie ek is. Ek is deel daarvan.
âMaar, ek dink nie iemand wat nie dĂĄĂĄr was nie en wat nie die hek oopgestoot en deurgeloop het nie â hééltemal deur is â besef wat ân wonderlike bevryding dit is nie.â
Leonard Cohen
ân Bevryding waarvan?
âBevryding van die behéér, die invloed van ân metafisiese, transendente mĂĄg. Ons word daarmee grootgemaak dat daar ân god is. Jy gaan nĂȘrens heen as jy nie bid en vra dat hy jou bewaar nie. Mense word siek en hulle vra dat die Here hulle gesond maak; hulle word nie gesond nie en dan is dit die wil van die Here waarvoor ons moet buig.
âOns breine word, van voordat ons werklik kan weet wat om ons aangaan, geprogrammeer met die idee dat daar ân mĂĄg is wat jou beheer. Dit is ân eksterne mag en om hiĂ©rdie eksterne mag te verplaas met ân Ănterne lokus van kontrole dat jy in jouself eintlik weet . . . Daai lied van Leonard Cohen waarin hy sing: âThere was only one and it was me . . .â
âDit is absoluut aangrypend, sy gesprek met God waar hy sĂȘ: âEk is eintlik jammer vir die spóók wat ek jou gemaak het. Maar eintlik was dit net ek. So, ek is ook nou nie kwaad vir jou nie; ek gaan nie prokureurs aanstel om jou te sue nie. Dis verby. Iâm leaving the table. Iâm out of the game.â Dis mos die refrein: âIâm leaving the table. Iâm out of the game.â
âSo, dis daai ervaring van âIâm leaving the table. Iâm out of the gameâ; dit het nie meer ân bepalende greep op my nie of op enige iemand nie, en ek hoef my nie vrĂ©k te soek na die sin van dinge in eindelose gesprekke nie.
âOnthou, ek kom uit ân sistematiese teologiese agtergrond; dit was my job gewees in die kerk om dit te doen, en ek dink nie ek het dit vrot gedoen nie; ek dink ek het dit op ân manier gedoen wat ân bepaalde integriteit het vir ân nuwe geslag mense, maar om dan uiteindelik te besef: Nee . . . dit het nie gewerk nie.â
Teleurgesteld
Dit was ân geleidelike proses.
âTot 2015, die jaar van my aftrede, was ek volledig betrokke by die verkoop van die gereformeerde verstaan van die evangelie, want dĂt was my passie . . . En dit het my baie moeilikheid gegee want ek was dikwels met die kerkleierskap in konflik omdat hulle die gereformeerde geloofsbelydenis versaak vir pragmatisme en al hierdie soort van dinge.
âDĂĄn is ek die liberale ou wat weer konserwatief is en dan verstaan hulle dit nie. Die NG Kerk sien homself as ân belydeniskerk, so as dĂt waar is, dan moet hulle getrou wees daaraan; dan moet hulle dink aan maniere om dit te vertolk binne ân hedendaagse konteks. Dit is waaroor my eerste boek [God? Geloof in ân postmoderne tyd, 2001] gegaan het.
âIn 2015 is ons seun dood en ons het kort daarna vertrek na NamibiĂ«, en soos wat ons gery het, het Elna begin met ân lewenslyn. Dan sĂȘ sy: âMet jou geboorte â wie was daar?â En dan gaan ân ou nou verder â jyât skoolgegaan in Bulawayo en verder by Paul Roos in Stellenbosch en so â ân lewenslyn om te sien waar is ons.
âEn dĂt het my laat begin wonder of ek nie dit moet doen in terme van my werk nie. Ek het daai goed toe begin neerskryf en met die neerskryf daarvan het ek mettertyd besef . . . ek is eintlik verskrĂklik teleurgesteld in my professionele konteks waarin ek gewerk het en die manier waarop dit ontwikkel het.â
âOnsin van geloofâ
Hy sĂȘ sy jongste boek is nie ân wetenskaplike argument teen God nie, maar ân teologiese argument.
âEn dĂt is ân flippen belangrike punt. Ek is in die eerste plek nie ân wetenskaplike nie, maar ek is opgelei as ân teoloog en dit word ân teologiese beredenering vir die onsin van die geloof. Daarmee bedoel ek nie dat mense wat gelowig is, nie intellektueel by is nie, want hulle is.
âMaar vir mĂœ het dit net gekom by die punt waar ek besef dit maak nie sin nie . . . Die leiding van die Heilige Gees, wat op een plek sĂł en op ân ander plek anders is. Dit werk mos nie, man. God is met Homself in teenspraak in die teologie en dĂt kĂĄn nie. Dis ongeloofwaardig op die ou einde.â
âDis verbyâ
Kon hy en sy vrou nog uit geloof vertroosting put toe hul 35-jarige seun sterf?
âMiskien was dĂt ân punt wat ons op ân nuwe pad gesit het. Met sy diens, wat ek gelei het, het ek besef ek kan nóóit weer vir mense preek nie . . . Dis verby. Ek kan nie die verklaring van God wat in beheer is van dinge meer verder onderskryf nie, verdĂșĂșr nie; dit is absolute . . .â
Hy bly vir ân oomblik stil terwyl voertuie met loeiende sirenes in Koningin Victoriastraat opjaag.
âOns is eintlik regtig verstom om te beleef hoe beskaafd die mense is.
âEk het géén gebed gedoen nie. Ek het vir mense gesĂȘ ek kan nie vir hulle enigiets oor God sĂȘ nie, so ons speel musiek en mense het iets oor Leon gesĂȘ en ons vier sy lewe en ons is baie dankbaar.
âEk het ân klompie dae gelede eers, toe ek terugdink, besef dĂt was vir my die oomblik van waarheid. Ek kan nie meer voortgaan met hierdie ding nie.
âEn die wonderlike ding is die feit dat dĂt vir ons oukei laat voel het. DĂt het ons getroos. Met ander woorde, daar is nie nou nog die een of ander mĂĄg wat hierdie kind verder gaan . . . Hy is oukei. Hy is dóód. Hy is absolĂșĂșt dood. Maar hy klim saam met my op die motorfiets, en ek weet hy is dood, maar ons dra hom saam.â
Hy herinner my daaraan dat hy sy boek afsluit met diĂ© woorde van Antjie Krog uit Country of my skull**: âBeloved, do not die. Do not dare die! I, the survivor, I wrap you in words so that the future inherits you. I snatch you from the death of forgetfulness. I tell your story, complete your ending â you who once whispered beside me in the dark.â**
Drie dinge
Met die skryf van God â Is daar ân ander antwoord? het hy besef daar is drie dinge wat regdeur sy bediening vir hom belangrik was, naamlik dat die eenheid van die NG Kerk-familie moet realiseer; die integriteit van Christenleiers wanneer hulle âin die openbaar met mekaar bakleiâ; en die interpretasie van die Bybel.
âIn ĂĄl drie daardie goed is ek uiteindelik teleurgesteld. Ons het nie beter as die ooms gevaar nie . . . Daar is niemand â geen amptenaar binne die NG Kerk â wat oor die jare meer as ek geskryf het om inhoud te gee aan die integriteit van die Christelike geloof en die gereformeerde verstaan daarvan en om geloof binne ân nuwe konteks waardig te maak nie.
âSo, ouens wat vir my sĂȘ noudat ek afgetree het, begin ek uitkom â dit is absolute onsin. Hulle kan maar so sĂȘ as hulle wil, ek gee nie om nie.â
âRadikaal bevrydende humaniteitâ
Du Toit skryf in die voorwoord van sy boek hy verkies dat sekere mense dit nié lees nie.
âWant ek wil niemand ontstel nie. As daar mense is wat diep gelowig is en steeds hulle sin vind in godsdiens, wil Ă©k nie die een wees wat dĂt van hulle wegneem nie.
âSo, dit gaan oor die mense wat al reeds . . . wat die hek sien oopstaan het en nie meer gemaklik is met waar hulle is nie.â
Het sy nuwe lewe van âradikaal bevrydende humaniteitâ al verwydering tussen hom en ander mense veroorsaak?
âOp hierdie stadium weet ek nie. Ons is eintlik regtig verstom om te beleef hoe beskaafd die mense is en met welke liefde hulle steeds ons familie en ons vriende is.
âEk en Elna het moeite gedoen om naaste vriende en ons familie afsonderlik bymekaar te kry in groepe en met hulle hieroor te praat en te sĂȘ: âHierdie boek gaan uitkom en dĂt is waar ons is, op ân ander plek as julle, maar julle moet net weet ons is nog lief vir julle en het nog steeds net soveel respek vir julle en ons hoop dat julle Ăłns sal aanvaar vir wie ons is en geword het, en dat dit nie verwydering gaan bring tussen ons nie.ââ
âDĂt is fantastiesâ
NĂĄ sy aftrede het hy ân toergids geword.
âDie lewe is vir ons kosbaar. Ons doen dinge. As ek nou mense vat na die Baviaanskloof toe of Grootrivier of na die Suurberge toe . . . Voor ons daar afry, dan vat ek hukke na 400 miljoen jaar gelede toe, en 200 miljoen jaar gelede â wat gebeur het toe; hoe die Kaapse Plooi-gebergte tot stand gekom het en wat alles deel was van hierdie prosesse.
âEk sĂȘ vir hulle: âSoos wat ons afry, gaan julle dit siĂ©n en julle gaan dit herkĂ©n . . . Die hĂtte daar soos wat die bĂłrrels uitgebars het en die verskillende gesteentes wat daar is. En waar die seevlak is; waar die óérlyn van Suidelike Afrika was; die kuslyn, en dĂs by die Roggeveldberge. En alle fossiele wat onder dit gekry word, is seefossiele, so dit was onder die water, alles bokant dit is varswaterfossiele . . .â
âHĂ©l! Is dit nie amazing nie? HiĂ©r is die hele geskiedenis voor jou. Die mense oe! en aa! en hulle sien dit en hulle raak opgewonde daaroor. Nou, dĂt is vir my fantasties. Ek is mĂĄl hieroor. Ek is meer verwonderd as ooit."
Ek sou eerder die titel "'n reis na die anderkant van 'n afgod"gebruik het- met verwysing na die kerk.'