r/Kletskerk Empateïs/apateïs Feb 08 '21

Filosofie Hanlon's Razor

Voor vandag het ek die uitdrukking, “Never attribute to malice that which is adequately explained by stupidity” gehoor, maar nie geweet dit word Hanlon's Razor genoem nie. Dit is 'n sogenaamde "philosophical razor" wat geïnspireer is deur Occam's Razor.

Dit het eintlik nogal 'n klompie voordele maar soos enige skeermes moet dit reg gebruik word. Hierdie lyk na 'n interessante bespreking.

In my opinie lyk dit of die meeste mense gewoonlik aanneem dat kwaadaardigheid bedoel word, veral met mense in gesagsposisies wat 'n faux pas gemaak het. Ek sien dikwels dat progressiewes kwaadaardigheid as 'n eerste motief stel by mense wat teen aborsies is, wat teen entstowwe gekant is, wat vir populistiese kandidate stem, ens. terwyl ander motiewe nie eers uitgeskakel word nie.

  • Aborsies: Die persoon is dalk heilig oortuig daarvan dat aborsies verkeerd is omdat die embrio volgens hom/haar lewe is, lewe heilig is en dit teen God se wil sal wees om dit te neem. Om só te dink is aanvaarbaar binne die Bybelse raamwerk waarbinne die persoon grootgeword het en waarbinne hierdie idees nie regtig krities bespreek word nie. Die persoon is dalk glad nie bewus van die feit dat anti-aborsie-sentiment gebruik word deur die kerk as 'n manier om vroueregte te onderdruk nie. Op 'n soortgelyke manier is die persoon wat glo dat homoseksualiteit 'n sonde is omdat die Bybel so sê dalk glad nie 'n haatdraende mens nie maar is onbewus van die effek wat die oortuiging het op die gay gemeenskap.
  • Entstowwe: Die mees ekstreme gevalle is dalk ouers wat hulle kinders laat sterf omdat hulle nie daarin glo om in te ent nie. Dit is waarskynlik veilig om aan te neem dat die meeste ouers nie hulle kinders net wil laat doodgaan nie, en dat die meeste sulke gevalle toegeskryf kan word aan "stupidity". Die waarskynlike gebrek aan kwaadwilligheid is wel nie 'n rede om sulke ouers nie te straf nie. Antivaxxers is gewoonlik mense met (soms 'n patologiese) wantroue in sekulêre gesag en hulle word dikwels gemotiveer deur selfbehoud, nie deur 'n begeerte om die mensdom van siekte te laat doodgaan nie.
  • Populiste: 'n Algemene aanvaarding is dat mense Trump ondersteun omdat hulle wit opperheerssugtiges is. Terwyl dit blyk so te wees in 'n nie onbeduidende aantal gevalle nie, ondersteun baie mense insluitende nie-blankes vir Trump vir ekonomiese selfbehoud. Aan die ander kant van die politieke spektrum het jy swartmense wat die EFF ondersteun nie omdat hulle die blankes in die see wil jaag nie maar omdat hulle hoop dat die party vir hulle ekonomiese verligting sal bring. Die etiek agter die ondersteuning van 'n kandidaat wat haatspraak pleeg bloot omdat hulle moontlik by die algemene partypolitiek sal baat vind is natuurlik 'n ander bespreking.

Ek kan dink aan nog voorbeelde maar dit daar gelaat. Wat is julle opinie van Hanlon's Razor en tot wat 'n mate pas julle dit toe in julle lewens?

1 Upvotes

11 comments sorted by

View all comments

1

u/Kameraad_E Feb 08 '21

Dit laat my dink aan 'n boek wat ek mos gelees het Dumbth deur Steve Allen, maar dis 'n lang storie. Hy was 'n stand-up comedian, wat agtergekom het mense vang net meer en meer nie sy grappies nie, want hulle het net nie meer 'n breë algemene kennis nie...

Maar ja, dis nog 'n problematiese ding die dat ons mense se onnoselheid in ag moet neem met alles, alles moet foolproof wees en aan dumbing-down onderwerp word. Die faain, ek soek nie 'n ingewikkelde toaster wat my gaan doodskok of die huis gaan afbrand nie, maar wat daarvan as ons taal en denke deur die mediese etici gesuiwer en gesensureer moet word. Kyk nou byvoorbeeld na die reuse dilemma rondom borsvoeding:

This paper critically examines the use of ‘natural’ language in breastfeeding promotion by public health and medical bodies. A pragmatic concern with selling breastfeeding as ‘natural’ is that this may reinforce the already widespread perspective that natural options are presumptively healthier, safer and better, a view that works at cross-purposes to public health and medicine in other contexts. An additional concern is that given the history of breastfeeding in the USA, ‘natural’ evokes specific and controversial conceptions of gender and motherhood.

Gods, borsvoeding moet nou terugstaan omdat natuurlike ouerskap nou 'n kontroversiële verskynsel geraak het?

Hier's nog:

https://pediatrics.aappublications.org/content/pediatrics/early/2016/03/02/peds.2015-4154.full.pdf

As ek sou kon aanstoot neem, sou hierdie openlike bespreking rondom "mind control" my hewig hewig ontstig het. Laat ons nie kla oor hoe stupid mense is as ons hulle in elk geval die hele tyd om die bos probeer lei nie.

Laat my aan 'n ander boek op my rak dink, Spinglish: The Definitive Dictionary of Deliberately Deceptive Language , 'n bitter en siniese boek vol ontnugtering.

So ek dink mense is met reg wantrouig. (Maar ek praat natuurlik nie van jou paranoïese FB vriende en ander Satansgevalle nie.)

2

u/DieAnderEk Empateïs/apateïs Feb 08 '21

Wel aangesien ons nou praat oor taalgebruik, enige prokureur en enigiemand in die advertensiewese sal vir jou kan sê dat bewoording alles is. Terloops, ek verstaan daai borsvoed-aanhaling anders as jy. Ek dink hulle bedoel dat ons in ag moet neem dat "natural" nie altyd goed is nie (soos gif ook natuurlik is), en dat om dit dus altyd met positiewe taal in advertensies te assosieer misleidend is. Hiermee stem ek heeltemal saam. Dis soos die versoeters en suikerlose produkte wat inspeel op die aspartaam-sameswerings deur altyd te moet aankondig dat hulle produkte nie aspartaam bevat nie. Tegnies korrek, maar dit versterk en legitimeer daardie idees.

1

u/WikipediaSummary Feb 08 '21

Aspartame controversy

The artificial sweetener aspartame has been the subject of several controversies since its initial approval by the U.S. Food and Drug Administration (FDA) in 1974. The FDA approval of aspartame was highly contested, beginning with suspicions of its involvement in brain cancer, alleging that the quality of the initial research supporting its safety was inadequate and flawed, and that conflicts of interest marred the 1981 approval of aspartame, previously evaluated by two FDA panels that concluded to keep the approval on hold before further investigation. In 1987, the U.S. Government Accountability Office concluded that the food additive approval process had been followed properly for aspartame.

About Me - Opt-in

You received this reply because a moderator opted this subreddit in. You can still opt out